Waterstoftelluried

Eienskappe

Algemeen

Naam Waterstoftelluried
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule H2Te
Molêre massa 129,616 [g/mol][1]
CAS-nommer 7783-09-7[1]  
Reuk Baie onwelriekend
Fasegedrag
Smeltpunt -49 °C[1]
Kookpunt -2 °C[1]
Digtheid
Oplosbaarheid 0,701 g/100 ml (@20 °C)[1] 
ΔfHɵ +99,7(0,8) kJ/mol [2]

Suur-basis eienskappe

pKa 1ste: 2,63[1], 2,64[2]; 2de: 11[1] 11,8 [2]

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Waterstoftelluried is 'n verbinding van waterstof en telluur in sy -2 oksidasietoestand en formule H2Te. Die soute word telluriede genoem.

Dit is 'n toksiese, brandbare en baie onwelriekende gas wat oplosbaar is in water. Dit is 'n suur wat amper so sterk soos fosforsuur is.[1]

Die vorming van die verbinding is endotermies en dit kan nie uit die elemente gevorm word nie. Gewoonlik word dit deur hidrolise van 'n metaaltelluried soos Na2Te of Al2Te3 vervaardig. Natriumtelluried kan vervaardig word deur telluur in watervrye vloeibare ammoniak op te los en te laat reageer met natrium.

H2Te los in water, alkohol en basisse op, maar die gas is in lug nie stabiel nie en ontbind vinnig deur oksidasie in telluur en water.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "msds". GuideChem. Besoek op 13 September 2023.
  2. 2,0 2,1 2,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ho

Developed by StudentB